Ons lewer oplossings

Voordele

Voordele

  • Verkry toegang tot GrysKrag se paneel van kundiges vir raad oor finansiële en regsaangeleenthede, keuse van aftreeoorde en ander sake rakende ouer persone.
  •  Ontvang uitnodigings na seminare, werkswinkels, inligtingsessies en spesiale geleenthede rakende ouer persone.
  • Ontvang 'n gereelde e-Nuusbrief met uitnodiging om terugvoer en navrae op GrysKrag se webwerf te plaas.
  • Ontvang Plus 50-tydskrif teen afslagprys.
  • Verkry toegang tot professionele, persoonlike en omvattende oudiologiese diens in geval van gehoorverlies.
  • Kwalifiseer vir ʼn lojaliteitskaart waarmee punte verdien kan word.
  • Verkry toegang tot ʼn unieke begrafnisversekeringspolis onderskryf deur AVBOB, ook geskik om bestaande dekking aan te vul, teen bekostigbare maandelikse premies.
  • Laat testament gratis deur kundiges opstel en verkry advies oor testamentêre aangeleenthede.
  • Verkry bekendstelling aan 'n geregistreerde fidusiêre diensverskaffer wat hoër rentekoerse op gewaarborgde beleggings van R1 miljoen en meer aanbied.
  • Skakel in by projekte waar u kundigheid en ervaring tot voordeel van die gemeenskap in die breë benut kan word.
  • Verkry opleiding deur kundiges oor noodsituasies wat by seniors voorkom met geleentheid om handige handleiding en noodhulpsakkie te bekom.
  • Verkry toegang tot unieke korttermynversekeringspakket teen bekostigbare premies.
  • In samewerking met die ATKV word interessante vakansietariewe aangebied
afAfrikaans