Meer oor
Die leuse van GrysKrag is ”Met ons vaardighede en ondervinding verenig ons en help ons die toekoms bou.”
Die visie van GrysKrag is om op aktiewe en positiewe wyse die waardigheid, lewensgehalte en sosiale sekuritiet van sy lede aktief te bevorder en te ontwikkel ten einde hulle in staat te stel om op voortgesette wyse te funksioneer as deelnemende, verantwoordelike en aktiewe lede in die gemeenskap.
Die missie van GrysKrag is om sy lede ingelig te hou oor ontwikkelings wat hulle belange raak en om hulle te ondersteun deur gespesialiseerde inligting en leiding sodat hulle hul persoonlike sake doeltreffend kan hanteer. Deur betrokkenheid van deskundige persone in die portefeuljekomitees van die Direksie en samewerking met die tweemaandelikse tydskrif Plus50 word aandag gegee aan aktuele aangeleenthede, soos behuising, gesondheid, veiligheid en sekuriteit, welsynsdienste, ekonomiese aangeleenthede, verbruikersake, regsaangeleenthede, aktiewe veroudering en aspekte van aftreebeplanning.